FREE OPTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020 - Kaapstad

Tue Mar 24, 07:00 - Tue Mar 24, 17:00

Lord Charles-hotel

ABOUT

LAAT DIE NATUUR VIR JOU GELD MAAK | LET NATURE EARN YOU MONEY

HOOP VIR LANDBOU | HOPE FOR AGRICULTURE

’n Landbouweekblad-konferensie en grondgesondheidsdag met die trotse samewerking van Soil Health Solutions. | A Landbouweekblad conference and soil health day in collaboration with Soil Health Solutions.

(The event details and programme is available in English on request.)

Herlewingslandbou is boere se kostedoeltreffende wapen teen stygende insetkoste en klimaatsverandering, deur natuurlike prosesse weer optimaal te laat funskioneer. Landbouweekblad en Soil Health Solutions bring vanjaar weer wêreldbekende sprekers, plaaslike kenners en suksesvolle Suid-Afrikaanse boere (wat reeds hulle skoolgeld betaal het) byeen vir ’n Suid-Afrikaanse konferensie oor herlewingslandbou, om só hoop te bring vir honderde boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is.

DATUM EN PLEK

Dinsdag 24 Maart 2020

Lord Charles-hotel, Somerset-Wes

KOSTE EN KAARTJIES

·     R990 per persoon.

·     Bespreek vroeg en betaal R890!

·     BTW, verversings en middagete ingesluit.

·     Kaartjieverkope sluit op 1 Maart 2020.

·     Geen kaartjies is by die hekke te koop nie.

·     Geen toegang sonder bewys van die Quicket-kaartjie nie. Alle kaartjies word by die hek geskandeer.

HOOGTEPUNTE

·     ’n Boerepaneel met van Suid-Afrika se beste boere gaan hul verskillende perspektiewe, lesse, uitdagings en suksesse deel.

·     Uitstallings van diens- en produkverskaffers.

INTERNASIONALE SPREKERS

Dr. Jonathan Lundgren, ’n entomoloog en landbou-ekoloog, word beskou as een van Amerika se voorste landbouwetenskaplikes. Hy het in 2011 ’n eerbewys ontvang van oudpres. Barack Obama. Hy het 11 jaar lank as ’n landbouwetenskaplike vir Amerika se landbounavorsingdienste gewerk voordat hy die Blue Dasher Farm- navorsings-en-opleidingsinstituut gestig het. Sy navorsing is toegespits op die vestiging en behoud van gesonde biologiese gemeenskappe binne landboustelsels deur versteuring te verminder en diversiteit binne veral saaigebiede uit te bou. Hy gaan praat oor biodiver siteit en hoe dit plase kan laat herleef.


Dale Strickler was eens op ’n tyd erg skepties oor die waarde van bewaringsbewerking, maar deesdae pas hy nie net bewaringsbewerking toe op sy plaas in die Amerikaanse deelstaat Kansas nie, maar ook ultrahoëdigtheidsbeweiding. In sy rol as nasionale tegniese bestuurder vir Green Cover Seed, die voorste dekgewasmaatskappy in Amerika, werk hy nou saam met boere om herlewingslandbou op plase te vestig. Sy boek, The Drought Resilient Farm, is ’n samevatting van die lesse wat hy oor die jare geleer het oor hoe herlewingslandbou boere se veerkragtigheid merkwaardig kan verbeter.


PROGRAM

Stuur e-pos aan Jacolette Kloppers by [email protected] vir die volledige program.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020 - Kaapstad
Lord Charles-hotel
Corner Main Road (M9) & Broadway Boulevard, R44, Somerset West, Cape Town, 7130, South Africa
Get Directions