Indien jy `n aanlyn kaartjie gekoop het, moet jy op die 7de September 2019 by die registrasie tent jou "race wristband" kom optel. Registrasie tent sal oop wees van 08:00 op 07 September 2019

Gajiga Run 2019

Sat Sep 7, 08:00 - Sat Sep 7, 15:00

Mogolklub Sportgronde

ABOUT

Pssssst! Het jy al gehoor van die GAJIGA-Run en die Krokkie Karnaval? 


Wel, op die 7de September 2019 is dit weer tyd vir die Hervormde Kerk Onverwacht se jaarlikse karnaval en hierdie jaar gaan dit ’n groot een wees! 


Om 10uur begin ons met ’n 3km pretloop oor 7 massiewe opblaas hindernisse wat vir baie pret gaan sorg! Kom lag, spring, val, draf of loop en wees deel van hierdie wonderlike dag! Registrasie tent sal vanaf 08:00 oop wees vir alle kaartjies wat aanlyn bespreek is!


Ons hou ook vanaf 08:00 heerlik karnaval met baie te kies en te keur, te proe en te peusel! Al die lekker van ’n goeie kerkbasaar en nog meer sal daar te koop en te geniet wees! 


Vars vleis, biltong en droëwors teen bekostigbare pryse, plante vir die nuwe seisoen, pannekoek, jafels, kerrie-en-rys, burgers, worsbroodjies, worsie op ’n stokkie, die immergewilde pap en kaiings (soos net die hervormers die kan maak), ’n teetuin, ’n lekkergoed paradys, ’n speelpark vir die jongspan, ’n spookhuis, skuif skiet, nachos, taco’s en al die revue optredes wat jy gemis het en nog heeltemal te veel om op te noem! 


Ons beloof ’n gesinsvriendelike dag met hope pret en vermaak vir almal. By hierdie geleentheid kan familie en vriende tyd saam spandeer, lekker ontspan en terselfdertyd ’n baie verdienstelike saak ondersteun.


Toegang tot die dag is gratis, maar as jy aan die GAJIGA-Run wil deelneem, dan gaan dit jou R100 p/persoon kos! Voorskoolse kinders kan gratis deelneem! 


Onthou: Jy staan ook op die dag ’n kans op ’n R1000 in ’n ‘Lucky Draw’ te wen en dan is daar ook nog pryse vir die ‘best dressed’! R500-prys vir kleurvolste “best dressed” man, R500-prys vir kleurvolste “best dressed” vrou, R500-prys vir kleurvolste “best dressed” seun, R500-prys vir kleurvolste “best dressed” meisie!


Datum: 07 September 2019

Begin tyd: 08:00

Plek: Mogolklub Sportgronde


Kaartjies beskikbaar by:

Hervormde Kerk Onverwacht

Photo First

One Stop Fruit & Veg

Glamorous Salon

Hoërskool Ellisras (Mnr. Naas Reynecke)

Laerskool Ellisras (Juf. Handri van Biljon)

L’EAU DE LA VIE & DMH Salon (Spar-gebou)

Green Apple Clinic (Lephalale Mall)


Kaartjie kan ook bespreek word by 082 723 1523 (Jeanette van Deventer)


Aanlyn kaartjies moet op die dag hulle "race wristband" by die registrasie tent kom optel!

DIRECTIONS

Gajiga Run 2019
Mogolklub Sportgronde
Wells St, Lephalale, 0557
Get Directions