FREE OPTIONS

Skemer & Saarkie by 2Riviere Pub & Grill

Sat May 25, 19:00 - Sun May 26, 01:00

2Riviere Pub & Grill

ABOUT

Skemer wat bestaan uit Armand en Andrea Espach het in 2017 ontstaan nadat die paar op facebook ontmoet het en nie net verlief geraak het nie, maar ook besluit het om hulle musiektalent te kombineer.Die groep wat die vrystelling van hulle eerste enkelsnit as die hoogtepunt in hulle loopbaan sover beskou, is passievol oor musieken deel hierdie talent en energie graag op die verhoog met elke optrede. Sedert hulle saam begin musiek maak het, het die duo al by verskeie skole,troues, feeste ,restuarante en funksies opgetree en ook een van die internasionaal-bekroonde groep, Prime Circle se vertonings geopen.


SAARKIE is n' "girl-rock band” in Suid-Afrika wat vir elke aspek van hulle musiek en uitvoering daarvan verantwoordelik is. Met hulle eiesoortige styl en “vibe” bied hulle vertonings vermeng in Afrikaans en Engels aan. Hulle musiek is ’n kombinasie van talent en passievolle energie wat met dinamika, sinergie en talent oortuig! SAARKIE se musikale groei vanaf die vrystelling van hul eerste album is merkwaardig en grotendeels te danke aan die feit dat al die lede van SAARKIE nou gegradueerde musikante is en dus hul instrumente beter kon bemeester en sodoende hul musiek kon verbeter in terme van kwaliteit. 

DIRECTIONS

Skemer & Saarkie by 2Riviere Pub & Grill
2Riviere Pub & Grill
Get Directions