Leandie Du Randt & Irene-Louise Van Wyk

Sat May 11, 10:00 - Sat May 11, 12:00

Curro Kathu

ABOUT

#VerstaanMekaar met Leandie Du Randt en Irene-Louise Van Wyk kom na Kathu!


11 Mei 2019 | 10:00 | Curro Kathu

————————————————————————

Leandie du Randt is tans mees bekend vir haar rol as ‘Ivanka Gouws' in die gewilde Afrikaanse sepie Binnelanders. Leandie maak geskiedenis as die eerste aktrise wat op ‘n landswye toer gaan met nagenoeg 35 optredes waar tydens sy oor die inhoud van haar boek gesels. Die aanvraag is oorweldigend!

Sy het haar eie self - help boek, genaamd Gemaklik In Jou Eie Lyf vir tienermeisies geskryf en dit was toe in Mei 2014 deur Struik Lifestyle in Afrikaans en Engels Comfortable In Your Own Skin.

Haar boek se hele boodskap gaan oor om daarna te strewe om die beste 'jy' te word eerder as om jouself met ander te vergelyk of soos iemand anders te probeer wees. Want, meen Leandie, jy sal nooit 'n beter 'Angelina Jolie' kan wees as wat sy is nie, en in dieselfde asem sal niemand ooit 'n beter jy kan wees as jy nie. So motiveer sy meisies om eerder hulle energie in hulleself en die ontwikkeling en ontdekking van daai self te sit en sodoende meer gemaklik in hulle eie lywe te begin voel.

"My grootste doelwit met my boek en praatjies, en dan die landswye toer waarop ek saam met gaskunstenaar, Irene-Louise van Wyk in 2016 gaan, is om meisies en vrouens te laat besef dat elkeen van hulle spesiaal en uniek is en 'n gift het wat NIEMAND anders op die planeet het nie. Ek strewe daarna om elke meisie en vrou te probeer help of inspireer om hulle volle potensiaal te ontdek en te gebruik en om goed te voel oor hulleself.

————————————————————————

Irene-Louise Van Wyk het tussen musikante grootgeword en is Vanjaar is haar derde jaar in die bedryf en sy het reeds hope sukses bereik. Nie net het sy al saam met van die land se voorste kunstenaars, soos Nianell, gewerk nie, maar van haar treffers, soos Meer as Woorde en Vergeet van My (OOR 120 000 VIEWS) het ook verskeie weke bo aan die treffersparades van talle radiostasies, waaronder Jacaranda FM, gekuier. Jy Speel ’n Game Met My is ook onlangs vereer met ’n VCR 90.6 FM-toekenning. Sy het met haar debuutalbum dit reggekry om vir haarself ’n amptelike plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig – nie net as sanger nie, maar ook as verhoogkunstenaar en liedjieskrywer.

Irene-Louise het ook al oor 130 vertonings saam mt aktriese Leandie Du Randt Bosch gedoen.

Daar word na haar verwys as Suid-Afrika se Meghan Trainor, maar Irene-Louise van Wyk hoef nie ’n tree vir hierdie musieklegende terug te staan nie. Sy het haarself reeds gevestig as ’n sterk kunstenaar met wie daar rekening gehou moet word.

DIRECTIONS

Leandie Du Randt & Irene-Louise Van Wyk
Curro Kathu
Umgeni Road, Kathu, 8446
Get Directions