No under 16s

YOONS Eatery Witrivier Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"

Tue Jul 16, 18:00 - Tue Jul 16, 22:00

YOONS Eatery

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


BEPERKTE KAARTJIES!!! SLEGS 70 SITPLEKKE!! BESPREEK NOU!!

YOONS Eatery bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure open om 5.30 PM. Kos & Drank te koop. Vertoning neem aanvang 7.30PM. Vir navrae rig e-pos aan: [email protected] of skakel: +27 82 456 3712.


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 16 Julie by YOONS! Die rook gaan draai!

DIRECTIONS

YOONS Eatery Witrivier Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"
YOONS Eatery
corner of R40 and, R537, Crossings, White River, 1240
Get Directions