Daar is beperkte kaartjies. Om die wonderlike dag by te woon en jou sitplek te verseker, betaal jou kaartjie binne 24 uur nadat jy geboek het.
No under 13s

GETUIENIS OGGEND SAAM MET BEKENDE ESTé GELDENHUYS (van Radio Kansel), PASTOOR OCKIE FOURIE, SONJA BASSON EN NATASHA NAGEL

Sat May 4, 09:30 - Sat May 4, 13:30

De Kroon Kamer, Voortrekker Monument

ABOUT

Bestaan daar iets soos wonderwerke? Is dit net in die Bybel waar jy van dit lees? Wel ons het goeie nuus vir jou! God is 'n God van deurbrake en wonderwerke. JA JY HET REG GEHOOR!


Kom woon die oggend by saam met bekendes wat hulle stories van hoop en wonderwerke met ons kom deel.


  • Bekende radio persoonlikheid en skrywer Esté Geldenhuys kom vertel ons van haar ervaring met God se genesingspad op meer as een geleentheid.
  • Sonja Basson deel met ons hoe Abba Vader haar uit 'n verwoestende veldbrand gered het en haar genesingspad wat oor 28 jaar strek.
  • Bestaan daar iets soos "witchcraft"? Natasha Nagel wil jou bewusmaak van die leuens van die vyand en hoe Vader haar kom vrymaak het waar sy vasgevang was in die okkulte.
  • Pastoor en Evangelis Ockie Fourie vertel hoe genade hom gered het van 'n lewe gevul met misdaad, haat en wreedheid. Voeg daarby verslawing en jy wonder hoe iemand heel anderkant kan uitkom? Hy vertel sy verhaal en hoe God hom gebruik in die helings bediening.


Hulle unieke getuienisse vertel van hoe groot God se genade en liefde vir elke een van ons is.


Kom vergeet vir 'n oggend van jouself en fokus op God. Dit gaan alles oor HOM! Nie net sal dit die uitkyk op jou lewe verander nie, maar wie weet.... dalk verander jy ook.


Van een ding kan jy verseker wees, jy gaan nie leeg huis toe keer nie!

DIRECTIONS

GETUIENIS OGGEND SAAM MET BEKENDE ESTé GELDENHUYS (van Radio Kansel), PASTOOR OCKIE FOURIE, SONJA BASSON EN NATASHA NAGEL
De Kroon Kamer, Voortrekker Monument
Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027
Get Directions