Family friendly

Rondomtalie met Anna Davel by Kleuterzone Kids Fest

Fri May 31, 09:30 - Sat Jun 1, 15:30

Die Groot Verhoog, Reddford House, THe Hills, Pretoria

ABOUT

Rondomtalie met Anna Davel (Afrikaanse produksie)


Dis tyd om die stokkerige arms en bene weer goed los te maak, die stemme op te warm en lekker te kom saamsing, dans, lag en kuier in Rondomtalie. Anna Davel vertel stories en sing haar gunsteling-kinderliedjies, en Schoemé Steenkamp van PuppeTrix bring vir Trix en al die Poppekas-storiekarakters saam om die oggend vol avontuur te maak.


Die produksie bevat liedjies van ’n Ghoema- en Tempo-benoemde CD, In die land van Kammalielie, sowel as nuwe liedjies van die bundel en CD deur Jaco Jacobs, Rondomtalie. Die boek is ’n samestelling van 30 van Jacobs se beste kleuterverse, met musiek geskryf deur Anna Davel.


Bekendes:

Anna Davel en Schoemé Steenkamp


Plek:

Groot Verhoog by Reddford House, The Hills in Pretoria


Vertoningstye en datums:

31 Mei om 09:30

1 Junie om 14:30


Kaartjieprys: R120


Die prys sluit algemene toegang tot die feesterrein in.


**Gratis toegang vir kinders onder 18 maande. Kind mag nie n sitplek opneem en moet op ouer se skoot sit**




We are committed to protecting your right to privacy, please visit our Privacy Portal on https://www.media24.com/group-privacy-portal/ for more details on how Media 24 processes your personal information in accordance of the Protection of Personal Information Act 4 of 2013

DIRECTIONS

Rondomtalie met Anna Davel by Kleuterzone Kids Fest
Die Groot Verhoog, Reddford House, THe Hills, Pretoria
27, The Hills Game Reserve Lifestyle Estate, 0059 Impala Rd, Pretoria, 0059
Get Directions