Routrip met Elzabé Zietsman

Sat May 4, 18:30 - Sat May 4, 20:00

Clarens Primary School

ABOUT

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos.


Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal en was benoem vir ’n Woordtrofee vir beste prestasie in ’n soloproduksie by die Toyota US Woordfees in 2023.


MET Elzabé Zietsman, TEKS Johann Slabbert. REGIE Maralin Vanrenen. MUSIEK Coenie de Villiers. VERVAARDIGER Drama Drama.



DIRECTIONS

Routrip met Elzabé Zietsman
Clarens Primary School
Malherbe St, Clarens, 9707
Get Directions