FREE OPTIONS

Digitale Learning Community 8 September 2022 | Stylvol gelowig in ‘n styl-tekort wêreld

Thu Sep 8, 09:30 - Thu Sep 8, 12:00

Event is online

ABOUT

Ekerk bied graag ons volgende Digitale Learning Community aan vir 2022. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe op Donderdag 8 September 2022.


Ons tema die oggend is "Stylvol gelowig in ‘n styl-tekort wêreld"


Style is the answer to everything

A fresh way to approach a dull or dangerous thing

To do a dull thing with style is preferable to doing a dangerous thing without it

To do a dangerous thing with style is what I call art…


Not many have style

Not many can keep style

I have seen dogs with more style than men,

although not many dogs have style.

Cats have it with abundance….


So klink styl vir Charles Bukowski (1920-1994). Die Oxford Dictionary omskryf styl as: “a particular procedure by which something is done; a way of using language; and a distinctive appearance.” Almal het ’n sekere styl, al het nie almal styl nie - dis nou te sê as jy vir Bukowski sou glo. Of dalk selfs ewe veel styl nie. 


Al is dit moeilik om styl in woorde vas te vang, sluit dit baie meer in as ons eerste assosiasies met hierdie woord. Styl gaan nie net oor kleredrag, geld, die nuutste modes, of die regte tegnologie nie. Tom Hardy, die Engelse akteur, voel dit reg aan as hy sê: “Style, I think, is panache. Who are you? What did you do today? And what are you worth to me? What do you have to offer the world? How did you spend your time today on this planet? How are you spending your time every second? What are you doing now? Are you alive, or are you somnambulant?”


Ons sprekers vir hierdie geleentheid is:



  • Dr Tom Smith, skrywer, teoloog, leraar
  • Dr Roedolf Botha, sake- en kerkleier, skrywer, teoloog, leraar
  • Ds Maartje van der Westhuizen, leraar en deel van die dagbestuur van die Algemene sinode en Assesor van Oostelike sinode (onder-voorsitter)
  • prof Stephan Joubert, ekerk, skrywer, teoloog

 

Tema: Stylvol gelowig in ‘n styl-tekort wêreld


Plek: Regstreeks deur middel van video (sodra daar geregistreer is sal 'n e-pos gestuur word met die skakel in asook jou unieke wagwoord om in te teken en saam te kyk die oggend. Indien jy nie die e-pos gekry het nie, asb kyk in jou spam of junk folder. Die oggend van die 8ste September sal 'n sms gestuur word met dieselfde inligting om in te teken om saam te kyk die dag.)


Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*


Tyd: 9:30 – 12:00


Datum: 8 September 2022


Koste: gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 8 September 2022 om 07:00.


Daar sal VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy geregistreer het en indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word.


* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie