Die Wyn Show: Griekse Aand (Die Kelder @ Centurion Teater) (Vrydag, 19 Aug)
Fri Aug 19, 19:00 - Fri Aug 19, 21:30
Die Kelder @ Centurion Teater
ABOUT
SOLD OUT
Druk hier vir Donderdag, 18 Augustus: https://qkt.io/aw1qPj
Wyn, Kos en Vermaak! Ons sê JA! DIE WYN SHOW is ‘n splinternuwe maandlikse geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?
As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.
Die Wyn Show skop in Augustus af deur die kus en wynlande van Griekeland na Centurion te bring- Grieks-geinspireerde wyne, traditionele en moderne griekse disse en die uitmuntende Marina Botha Spies wat ons heelaand vermaak met die musiek en strelende klanke van Nana Mouskouri.
Trotse Borge en Wyn-Vennote:
Kaartjies: R250.00 pp (Insluitend Wynproe, Ete en Vermaak)
Datum: Vrydag, 19 Augustus 2022
OOK Donderdag, 18 Augustus (DRUK HIER: https://qkt.io/aw1qPj) (Bygesit weens besonderse aanvraag!)
Tyd: 19h00 vir 19h30
Plek: Die Kelder @ Centurion Teater
Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.
Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.
Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.
Geen onder 18’s.