Family friendly

Voorbereiding vir Hoërskool - Johan Smith

Mon Aug 29, 19:00 - Thu Sep 1, 20:00

Event is online

ABOUT

Johan Smith bied 'n program aan wat jou kind voorberei vir die uitdagings van hoërskool.


Johan gaan die reeks van drie sessies digitaal aanbied, wat dit toeganklik maak vir jongmense regoor Suid-Afrika. Die program word reeds by vele skole in Gauteng aangebied.


Die sessies sluit onder andere van die volgende tema's in: Verslawing, Identiteit, Tegnologie, Groepsdruk, Vriende, Depressie en Selfmoord.


Belangrike inligting:


  • R300 per persoon vir die reeks van 3 sessies.
  • Waar 'n groep leerders saam gaan kyk, moet elke kind individueel registreer. (Daarvolgens sal leerders toegelaat word op die ZOOM sessie).
  • Daar is slegs 100 plekke beskikbaar per reeks.
  • Daar is geweldige belangstelling, registreer dus betyds
  • Die ZOOM-skakels word 'n week voor die tyd gestuur aan alle geregistreerde eposadresse.
  • Die sessies is net tydens die ZOOM-geleentheid beskikbaar, daar is nie opnames beskikbaar nie.


Datums en Tye:


  • 29, 30 en 31 Augustus
  • Sessies word vir 3 agtereenvolgende aande aangebied
  • Inkloktyd: 18:45 | Sessie: 19:00-20:00



Vir enige verdere navrae kontak gerus vir Berdine le Roux by [email protected]