FREE OPTIONS
Family friendly

Picnic & Carols by Candlelight

Fri Dec 17, 19:00 - Sat Dec 18, 20:30

NG Kerk Parys Suid

ABOUT

Op Vrydag, 18 Desember en Saterdag, 19 Desember kan die gemeenskap van Parys ‘n piekniek en kersliedere by kerslig bywoon in die tuine van die NG Kerk Parys Suid. Parysenaar en wêreldklas tenoor, Stéfan Louw, gaan saam met leerders van sy sangskool in dié gratis buitelug konsert optree.

 

Stéfan het verlede jaar vir die eerste keer die piekniek konsert in die tuin van sy huis in Derdelaan gehou. “Daar sou aanvanklik slegs een uitvoering gewees het, maar daar was soveel navraag vir die kersliedere by kerslig dat ek ‘n tweede aand gereël het,” verduidelik hy. “Die idee van die gratis piekniek en kerskonsert het by my opgekom nadat die gemeenskap my vrou ongelooflik ondersteun het tydens haar siekte met borskanker. Ons wou iets vir die mooi mense van Parys teruggee, en wat is ‘n beter geskenk as die lofsing van Jesus se geboorte.”

 

Die NG Kerk Parys Suid se hek in Rubenstraat, oorkant Goue Jare, maak reeds 17:30 oop vir enige iemand wat die konsert wil bywoon. Die konsert word voorafgegaan deur ‘n piekniek. Jy pak jou eie eet- en drinkgoed, ‘n kombers of stoele, en kuier gesellig saam met vriende en familie. Sodra dit skemer raak, word daar kerse aangesteek en die konsert begin so rondom 19:00 en behoort teen 20:30 klaar te wees. Indien dit reën, gaan die konsert in die kerksaal plaasvind.

 

Die sangers by vanjaar se konsert is die Parysenaars Stéfan Louw, Danielle Venter, Gwenith Rushmer, en Shanya van der Walt. Corniël Calitz, van Potchefstroom, sluit by hulle aan. Die aand beloof gevul te wees met lof en dank. Die liede wat die kunstenaars gaan opvoer wissel van tradisionele gewyde musiek soos Stille Nag tot lekker saam-sing musiek soos Little Drummer Boy.

 

Alhoewel die konsert gratis is om by te woon, word belangstellendes versoek om asseblief vooraf plek te bespreek. Jy kan dit maklik en vining aanlyn doen deur te gaan na www.stefanlouw.com. Vir enige navrae, skakel of stuur ‘n WhatsApp vir Marisa op 064 963 5386.

DIRECTIONS

Picnic & Carols by Candlelight
NG Kerk Parys Suid
86 Delver St, Parys, 9585
Get Directions