Family friendly

Paddanag in Pretoria 2020

Sat Dec 5, 17:00 - Sat Dec 5, 23:00

Krokodilspruit Skietbaan

ABOUT

Paddanag in Pretoria 2020 is hier!

Bring die kinders en die res van die gesin en kom vang en identifiseer saam paddas!

Bring jou eie piekniekmandjie en verversings asook stoele. Kontantsnoepie ook beskikbaar.

Bring koplampe, reënstewels, muskietweerder en wees reg vir pret pret pret.

Hierdie funksie hang af van reën en weersomstandighede. In geval van uiterste donderweer sal niemand vleie toe kan beweeg nie. Geen kaartjiefooie terugbetaalbaar nie. Reën diskwalifiseer nie die funksie nie -- ons gaan voort in die reën.

Ouers en kinders betaal almal dieselfde fooi.

Kinders MOET van ouers vergesel wees. Geen kinders sonder volwasse begeleiding nie.

2019 se aand was 'n reuse sukses. Moet dit nie weer mis nie. Ons sien uit om jou by Paddanag 2020 te verwelkom.

Ter wille van veiligheid, bring asseblief maskers saam.

Die funksie vind plaas by Krokodilspruit Skietbaan. Tik bloot in "Krokodilspruit skietbaan" op Google Maps en jy sal reguit tot daar kom.

DIRECTIONS

Paddanag in Pretoria 2020
Krokodilspruit Skietbaan
Moloto Rd, Cullinan, Pretoria, 0186
Get Directions