Family friendly

Demi Lee Moore @ De Harte Venue

Fri Nov 6, 19:30 - Fri Nov 6, 21:00

De Harte Venue, Onderstepoort, Pretoria

ABOUT

Skaars twee weke ná Demi Lee Moore, wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram, se album, Mis Eet Slaap Herhaal, die rakke getref het, spog dit reeds met goue status. Demi Lee is op 23 November, tydens die eerste Afrikaans is Groot-konsert, aangewys as die wenner van dié gewilde televisieprogram op Via (Kanaal 147). In die program is kykers voorgestel aan hoopvolle deelnemers wat graag ’n Coleske Artists-kontrak wou inpalm. Demi Lee se album, Mis Eet Slaap Herhaal, bevat haar nuwe enkelsnit met dieselfde titel, nog drie oorspronklike treffers, van die liedjies wat sy op Die Kontrak-program gesing het, asook die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane. Nadat Demi Lee saam met haar mentor op die program, Monique Steyn, dié lied opgevoer het, het hulle ook Cam se aandag getrek wat hulle op sosiale media komplimenteer het met die weergawe. Tydens die laaste Afrikaans is Groot-vertoning is Demi Lee verras met ’n goue toekenning vir haar album ontvang vir verkope van meer as 15 000 eenhede. Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir enige kunstenaar, nie eers gepraat van ’n kunstenaar nuut op die toneel met ’n album wat slegs twee weke oud is.


Met haar engelstem wat jou meesleur en telkemale op ’n emosionele reis neem, gaan Demi Lee Moore nóg dieper in musiekliefhebbers se harte kruip met haar album, Country, wat pas vrygestel is.

Die liedjiekeuse op dié album sal Country-aanhangers noot na noot bevredig soos sy ou goue treffers met haar eie unieke aanslag vertolk.

’n Splinternuwe duet saam met Steve Hofmeyr, When You Say Nothing At All, is ook ingesluit op dié album en aanhangers kan regmaak vir dié twee kunstenaars se stemme wat saamsmelt in ’n musikale lekkerte. Na hul eerste duet, Amanda, het aanhangers telkemale nog musiek van hulle twee saam versoek en met dié duet stel hul beslis nie teleur.

Nóg ’n hoogtepunt is die duet saam met Arnold Coleske, direkteur van Coleske Artists en voormalige lid van die SAMA-bekroonde duetpaar, Coleske. Hulle vertolk die eertydse treffer If I Needed You.

“Arnold was die eerste persoon om werklik in my te glo en dit is vir my so ’n groot eer om ’n duet saam met my mentor te kon opneem,” vertel Demi Lee in die bedankings. 

Country-liefhebbers gaan ook Demi Lee se vertolkings van Neon Moon, oorspronklik gesing deur Brooks and Dunn, The Kelly Family se Because It’s Love, Help Me Make It Through The Night van Kris Kristofferson en Lynn Anderson se Rose Garden kan geniet.

“Country-musiek lê my baie na aan die hart en dis so ’n sielvolle genre,” het Demi Lee gesê.

Volgens haar geniet sy dit vreeslik om die stories oor te dra wat so eie is aan dié musiek.

“Ek kom uit ’n huis waar daar baie na musiek geluister is en dit is veral my sussie, Aimee, wat my Pa se voorliefde vir Country-musiek laat voortleef het. Ek is so dankbaar daarvoor want dis hoe ek ook lief geword het daarvoor,” het sy vertel. 

Met die vrystelling van haar debuutalbum, Mis Eet Slaap Herhaal, kon winkels nie voorbly met voorraad nie en ekstra kopieë moes inderhaas aan winkels verskaf word. Dié album het binne tien dae na vrystelling goue status behaal nadat sy by die gesogte Afrikaans is Groot-konserte as wenner van Die Kontrak, realiteitsangkompetisiewat wat op VIA uitgesaai is, aangekondig is.









Koop jou kaartjie vandag nog, nooi jou vriende en kom maak sommer 'n tafel vol!


Hekke open om 15h00 die middag, jy kan dan rustig kom sit en kuier by die Kontant Kroeg.

Daar sal springkastele wees vir die kinders.

Kos stalletjie sal op die gronde wees as jy honger raak asook 'n LEKKER KOFFIE stalletjie!


Kaartjie pryse as volg:

Volwasse Kaartjie @ R 180 p/volw

Junior Kaartjie (onder 12 jaar van ouderdom) @ R 120 p/kind

Kinders onder 7jaar van ouderdom word gratis toegelaat

Tafel besprekings word aanvaar slegs as volle tafel volgemaak kan word.


GEEN DRANK WORD VERKOOP OF BEDIEN VIR PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18JAAR!!!


Sien jou daar!!!

DIRECTIONS

Demi Lee Moore @ De Harte Venue
De Harte Venue, Onderstepoort, Pretoria
206 Rentia St, Onderstepoort, Pretoria, 0110
Get Directions