Krismis Boks

Sat Dec 5, 11:00 - Sat Dec 5, 13:00

Randburg Hervormde Kerk

ABOUT

Son, see, waatlemoen, klein koekies en beskuit.

Kan jy glo dis alweer Kerstyd?


Ons heerlike Krismis boks, sorg dat jy 2 van die staatmakers van enige Suid Afrikaans eKers vakansie in jou arsenaal het - heerlike soet koekies en beskuit. Ons sit ook 'n heerlike suurlemoen stropie by wat jy kan gebruik om 'n drink dingetjie mee op te kikker. Daar is twee grootes bokse. 'n Geskenk boks wat perfek is vir 'n juffrou of meneer, tannie of oom of sommer net om iemand by die kantoor lekker te bederf. En ook 'n familie boks wat net reg is om in die karavaaan in te pak vir die lekker kuiers met 'n koppie koffie.


Laastens, het ons ook vir die kinders ietsie spesiaals. 'n Kinder boks met 4 lekker groot koekies met 'n Kersfees tema en al die benodighede om dit self feestelik te versier.


Geseënde Kersfees.